Review: Theunis Engelbrecht on

Bill Knight is nie so bekend soos wat hy behoort te wees nie. Hy is ? versteekte juweel aan die suidpunt van die Skiereiland. wat nie in die eerste plek liedjies skryf en sing omdat hy graag op TV of op Huisgenoot se voorblad en beroemd wil wees en baie geld wil maak nie. Dis nie waaroor dit vir hom gaan nie. Hy is glad nie jou tipiese egobehepte liedjieskrywer en sanger nie.

Knight is ? deurwinterde folk-sanger en –skrywer. Wat jy kry, is hart-en-siel-musiek, eerlik en opreg en onopgesmuk, en pragtige melodieë wat jou hart kan breek.

Dorsland is die derde in ? trilogie van uitreikings – die voriges was Kaapse mengsel en Sout. Soos die werk van David Kramer, Radio Kalahari Orkes en Rian Malan is dit ? boeiende speurtog na die roots van Afrikaans. (Soos wat die Americana-tendens in Amerika ook is. Sal ons dus Afrikaanse werk in dié kategorie Afrikana kan noem?)

Wat interessant is in Knight se geval is dat hy Engelssprekend is. (David Kramer is Engelssprekend. Rian Malan is Engelssprekend. Bernoldus Niemand was Engelssprekend … en kyk watter ongelooflike bydrae het hulle gelewer tot die Afrikaanse kultuur. Sulke ouens verdien dat ? mens jou hoed vir hulle afhaal.)

Knight verdien dit ook. Sy musiek en lirieke is deurtrek van aardsheid en opregtheid en heimwee en skoonheid. (Is daar ? mooier liefdesliedjie as “Loving Eyes” op Knight se Kaapse Mengsel-CD?)

Dorsland is die resultaat van die bekoring wat die Noordwes-Kaap en Namibië vir Knight het. Hier is dit beter om homself aan die woord te stel uit sy persverklaring, want uit die perd se bek kry jy ? baie goeie idee van wat jy op Dorsland kry: “The countryside is stark, bleak and amazingly beautiful, a Dorsland both physical and spiritual. Born in the Kalahari in Botswana, I learned at an early age to appreciate the subtleties of the Desert, and the simple hospitality and ‘help-mekaar’ of isolated communities. I also developed a fascination for the motley bands of immigrants who crossed the borderland from the south – the Oorlamse, the Namas and the Basters. They were mixed groups of Koi-San, escaped convicts, deserters, Adventurers and absconded Slaves, all driven by a need for freedom and to determine their own destinies. They formed themselves into Kommando bands, elected a democratic Leader, the “Kaptein” from which we get that familiar phrase “hello Keptin”. They were adept Horsemen and skilled Shots. They raised cattle, rustled cattle, raided passers-by, and bickered with the local tribes. They were Bandits to some, heroes to others. They are a hardy, stoic and tenacious People, as easily given to laughter as to tears, with a love of stories, music and celebration.Of course there’s a further significance for those of my generation who unwillingly served time in the Borderland with Uncle Magnus’s Adventure Safaris. I dedicate Dorsland to them and all People who thirst for Freedom, self-determination and Dignity, who have the courage to travel beyond the Borderlands into the unknown, to wrestle a Life out of raw Nature, and staying true to the simple ethics of Community.”

Op Dorsland word dié mense se stories vertel en oor hul lewe geskryf en gesing. Daar is liedjies wat jou in hoendervel laat uitslaan, soos “Dolos” en veral “Soek die reën”.

Doen moeite om Bill Knight se musiek in die hande te kry. Besoek www.billknight.co.za en bestel die hele trilogie. Sout en Kaapse mengsel is net so onmisbaar soos Dorsland vir enigiemand vir wie die speurtog na die siel van roots-musiek ? opwindende avontuur is. (En as dit vir jou nie een is nie, moet jy jou kop laat lees.)